Skip to main content

Die gesin van ‘n bejaarde vrou van Johannesburg wat deur ‘n koeël getref is, wat na bewering tydens die voormalige leier van uMkhonto we Sizwe, Kebby Maphatsoe, se begrafnis afgevuur is, sê dit gaan goed met haar en sy herstel tans in die Helen Joseph Hospitaal.
Dokters het haar egter meegedeel dat die koeël in haar been die res van haar lewe daar moet bly, aangesien dit te riskant is om dit te verwyder. Die vrou, Margaret Holloway, het nog die son by haar ouetehuis in Westdene geniet toe sy deur die koeël getref is. Eers toe sy ‘n brandende gevoel in haar been voel, besef sy dat iets fout is. Die polisie ondersoek nou ‘n saak van poging tot moord. Intussen het die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, gesê die ANC vra dat daar vinnig en met erns opgetree word teen die MKMVA-lede wat tydens die begrafnis gewere afgevuur het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!