Die kantoor van die presidensie het tot dusver geweier om bekend te maak of president Cyril Ramaphosa begin het met die keuse van ‘n nuwe hoofregter.
Die Minister van die presidensie, Mondli Gungubele, het Dinsdagoggend, voor die eerste dag van die kabinetslekgotla, gesê: “Ek het myself nie die geleentheid gegee om myself daaroor op te dateer nie.”
Hoofregter Moegoeng Mogoeng se ampstermyn van 12 jaar eindig in Oktober.