Matrieks se eindeksamen gaan nou op 27 Oktober begin en nie meer op 1 November soos oorspronklik beplan is nie.
Dit is om leerlinge wat stemgeregtig is toe te laat om op 1 November in die munisipale verkiesing te gaan stem.
Soveel as 207 vraestelle gaan tydens die eksamen oor ‘n tydperk van vyf weke geskryf word.
Die matrieks begin met Engels op 27 Oktober gevolg deur Besigheidstudies die 28ste.