‘n 75-jarige vrou is dood en haar geliefdes is met niks agtergelaat toe hul grasdakhuis gister in Hesketh-weg, Moreletapark, Pretoria afgebrand het.
Bure het desperaat probeer om die vuur met tuinslange onder beheer te bring. ‘n Personeel-lid van Bull Security het ook probeer om in die huis te gaan om die vrou te red, maar die brand was te verwoestend en selfs die Tshwane-metro se nooddienste kon dit nie waag nie. Volgens berigte het die brand net na 09:00 die oggend uitgebreek. Die dame, die skoonma van die huiseienaar, was glo alleen tuis. Die gesin het alles in die brand verloor.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.