Skip to main content

Die Bosveld Pick ‘n Pay inkopiesentrum in Bela-Bela was verlede Dinsdag in die vroeë oggendure in rep en roer nadat rowers twee kitsbanke in die sentrum opgeblaas het.
’n Veiligheidswag is dood in die skietery wat daarna tussen die rowers en veiligheidspersoneel uitgebreek het.
Volgens Sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, het die voorval by die finansiële instansie Net1 (tussen die Absa- en Nedbank-takke) plaasgevind. Die instansie bied onder meer finansiële dienste aan hulpbehoewendes.
Die rowers het met ’n onbekende bedrag kontant weggekom. ’n Skietery het tussen die wagte en die rowers ontstaan waarna Maluleka gewond is. Die onbekende aantal rowers het daarna op die vlug geslaan. Die veiligheidswag is na die naaste hospitaal geneem, maar hy het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Die inkopiesentrum se bestuur het in ’n verklaring gevra dat die publiek nie sensitiewe inligting oor die voorval sal versprei nie, aangesien dit die ondersoek kan beïnvloed.
Die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply