‘n Plaas waar nege gaste tussen Strandford en Hermanus in die Wes-Kaap tuisgegaan het, is Vrydag deur gewapende rowers aangeval.
Drie gewapende rowers het omstreeks 20:30 gaste op die plaas oorval. Die gaste is almal vasgebind en die verdagtes het die perseel geplunder. Hulle het ook hulself gehelp met kos en alkohol, terwyl hulle die gaste beroof het.
Die verdagtes het daarna die gaste beveel om in ‘n ry te staan, asof hulle die mense gaan skiet. Een van die mans is daarna na die kamer geneem, waar die verdagtes hom met ‘n tou probeer verwurg het, maar die tou het gelukkig gebreek en die man het die voorval oorleef.
Die verdagtes het daarna te voet gevlug. Hulp is ontbied, daar is geen arrestasies gemaak nie.
Die polisie ondersoek die voorval.