Daar word DRINGEND hulp benodig by die veldbrande wat buite beheer woed tussen Askham en Vanzylsrus in die Kalahari.
Enige hulp in die vorm van manskappe wat kan help om die brand te bestry, water, 4 x 4 watertrokke en brandbestrydingstoerusting.
Volgens Melanie Theron van die Oranjerivier-landbou-unie (ORLU) strek die brande, wat vanuit Botswana oor die Suid-Afrikaanse grens gespring het, oor ‘n oppervlak van 196 km in die buurland en het alreeds oor ‘n gebied van sowat 26 km binne Suid-Afrika binnegedring.
Die volgende word ook benodig en kan by 38 Disalaan in Upington, 24 uur van die dag afgegee word.
Energie stafies
Oogdruppels
Powerade
Botteltjies water
Vaseline/Lip-ice
Wet wipes
Kontak Melanie Theron by 0731563404 as jy kan help.