Skip to main content

‘n Baba, wat in ‘n motor gesit het wat Maandagoggend in Observatory gekaap is, is ongedeerd teruggevind, het die polisie bevestig.
‘n Polisiewoordvoerder het gesê die seuntjie van sewe maande oud is in ‘n motorsitplek langs ‘n spazawinkel in Maitland gevind. Dit ná ‘n kaping in Bishop Street, Observatory, kort na 10:00.
“Die oortreder het weggery terwyl die baba nog binne-in die voertuig was. Die voertuig is later verlate onder ‘n brug in Mowbray gevind, maar sonder die kind,” het polisiewoordvoerder, kolonel Alroy van der Berg, gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!