Skip to main content

Eskom sê al nege sy werknemers is veilig nadat hulle gisteraand deur die Mabopane gemeenskap noord van Pretoria, gyselaar gehou is.
Die polisie is ontbied om die situasie te ontlont. Inwoners eis die vervanging van ‘n beskadigde mini-substasie in hul omgewing.
Amanda Qithi, woordvoerder van Eskom in Gauteng, sê nie een van die werknemers is beseer nie.
‘Die gyselaarsituasie volg op die vereistes van die gemeenskap om ‘n mini-substasie in hul omgewing te vervang. Eskom het hoë voorvalle van toerusting wat faal omdat die netwerk oorlaai is deur onwettige verbindings, ongemagtigde operasies na die netwerk, meteromleidings, knoeiery en vandalisme van infrastruktuur. Ons het tans te doen met uitdagings as gevolg van ‘n tekort aan mini-substasies wat gelei het tot vertragings in die vervanging van hierdie toerusting.”

Leave a Reply