Skip to main content

Die nasionale voorsitter van die African National Congress, Gwede Mantashe, het toegegee dat hulle as ‘n verdeelde party na die plaaslike regeringsverkiesings op pad is vanweë die wyse waarop partykandidate verkies word.
Hy sê die party staan voor die uitdaging om wykskandidate sonder leiersvaardighede te kies.
Mantashe het ‘n gedenklesing gehou oor anti-apartheidsaktiviste en vakbondlede, Ray Alexander en Jack Simons, in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap.
Die politieke ontleder dr. Imraan Buccus sê ‘n afname in steun vir die African National Congress (ANC) tydens die komende plaaslike verkiesings beteken nie noodwendig ‘n groter steun vir opposisiepartye nie.
Hy het gereageer op ‘n onlangse opname deur die marknavorsingsfirma Ipsos.
Die bevindings stel voor dat die steun vir die regerende party tot onder 50% sal daal, aangesien die Democratic Alliance (DA) en Economic Freedom Fighters (EFF) moontlik wins sal behaal.
Buccus sê ‘n aantal faktore, insluitend die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie, sal waarskynlik die manier waarop mense stem beïnvloed.
‘Hierdie peilings is soms onbetroubaar, veral as meningspeilings so vroeg gedoen word. As ons tussen 1 000 en 2 000 mense kyk, waar is hulle dan presies ondervra? Hoe het ons tot ‘n syfer van 50% gekom? Alhoewel dit redelik klink. Die ander punt is – as mense nie vir die ANC stem nie, beteken dit nie noodwendig dat die kleiner partye daarby sal baat nie,” sê Buccus.

Leave a Reply

error: Content is protected !!