Die geskorste ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, weier om die uitspraak van ‘n hooggeregshof te aanvaar. Dié hof het Maandag sy appèl teen sy skorsing van die hand gewys.
Magashule se bondgenote meen dat hy waarskynlik die Hoogste Hof van Appèl sal nader.
In ‘n skerp uitspraak het die hooggeregshof in Johannesburg beslis dat ‘…daar geen politieke imperatiewe is wat die hof se beslissing of enige “vooroordeel “van die aangeleentheid voor die hof beïnvloed het nie’, soos deur Magashule se regsverteenwoordigers voorgelê is.