Skip to main content

‘n 36-jarige vrou van die Oos-Kaap is een van die ses verdagtes wat gearresteer is vir sameswering tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en moord op haar man en skoonma in Elliotdale op 10 September 2021.
Die arrestasie kom nadat ‘n 46-jarige man en sy ma (81) op Donderdag 9 September 2021 doodgeskiet is by hul huis in Mkatazo Village Kwanditya, Elliotdale. Na deeglik ondersoek is daarin geslaag om die verdagtes te arresteer. Die ondersoek het aan die lig gebring dat die 36-jarige vrou vermoedelik huurmoordenaars aangestel het om haar man en haar skoonma te vermoor.
Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!