Skip to main content

‘n Uitmergelende verhoor van langer as 2 jaar en vyf maande met meer as 64 hofdae, het Vrydag tot ‘n einde gekom vir die vyf mans van Parys wat reeds in Mei 2020 deur regter Corné van Zyl skuldig bevind is aan aanranding, en aanranding met die doel om ernstig te beseer na die dood van Samuel Tjixa en Tumelo Simon Jubeba.
Regter Corné Zyl het vandag in haar vonnisuitspraak Boeta van der Westhuizen (52) en Anton Loggenberg (55), elk tot 15 maande korrektiewe toesig gevonnis wat bepaal dat hulle vir die tydperk in huisarres is en dus by die huis moet wees met die uitsondering van die tye wat deur die hof vasgestel is. Anton se seun, Cor (24), en Boeta se seun, Loedie (23), en skoonseun, Miela Jansen van Vuuren (28) het aldrie opgeskorte vonnisse gekry met die voorwaarde dat hulle nie in die tydperk weer aan dieselfde klagte skuldig bevind word nie.
Die staat het aandui dat hy teen die vonisse wil appelleer.
Boeta se aanbod tydens die verhoor dat daar aan elk van die oorledenes se families R20 000 betaal word, is tydens die vonnisuitspraak deur regter Van Zyl ‘n bevel van die hof gemaak en moet voor 1 Oktober betaal word. Nie een van die vyf mans is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te mag besit nie.
Die staat het in sy saak waarin die mans vir moord aangekla was, aangevoer dat hulle vir Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het in die Parys en Pelenomi-hospitale onderskeidelik. Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer nadat verskeie boere op die noodroep gereageer het na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult.

Leave a Reply