‘n Plaasaanval het op 8 September in die Kortfontein-omgewing tussen Koster en Derby, Noordwes, plaasgevind.
Chris Barnard en sy vrou, Hesta, is omstreeks 20:00 deur drie aanvallers oorval, baie ernstig aangerand en gemartel. Die marteling het ongeveer 4 ure geduur.
Chris is aangerand met verskeie voorwerpe en sy vrou is met ‘n warm yster gebrand, erg aangerand en hulle het van haar hare afgesny.
Die aanvallers het die huis geplunder, terwyl hulle die paartjie aanhoudend aangerand het. Die aanvallers het teen middernag gevlug met die paartjie se voertuig en verskeie gesteelde goedere. Hesta kon daarin slaag om hulp te ontbied. Chris en Hesta is met ernstige beserings na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die polisie is besig om verdere ondersoek in te stel, maar daar is nog geen arrestasies gemaak nie.
Met erkenning aan ToekomsVonk.