Skip to main content

Hier is ons weeklikse keur van diere vir aanneming in Gauteng. Hou egter in gedagte dat daar reddingsinstansies regoor Suid-Afrika is wat desperaat is om nuwe huise vir wees-troeteldiere te vind. As jy nie ‘n plekkie vir ‘n aanneem-dier het nie, sal elkeen van hulle ‘n donasie van geld, kos of ander benodighede hoog op prys stel.

https://diewaarheid.com/wp-content/uploads/2021/09/woodrock3.jpg
By Woodrock Animal Rescue was Walter, wat vol letsels, vars wonde en ‘n gebreekte been gevind was. Dit het tyd geneem voordat hy hulle begin vertrou het. Hy is nou al ‘n paar jaar by hulle en is ‘n heeltemal ander hond. Hy is heeltemal genees, behalwe vir sy been wat nog pla; dit word ‘n bietjie styf in die winter. Hy is ‘n Africanis van ongeveer 8 jaar oud.

https://diewaarheid.com/wp-content/uploads/2021/09/wollies4.jpg
https://diewaarheid.com/wp-content/uploads/2021/09/wollies5.jpg

Hierdie twee lieflike honde is oorgegee aan Wollies Animal Project. Die reun-kruising is Boitjie en Tshepi is die gemengde tefie. Aanvanklik was hulle baie bang, maar hulle het gou uit hul dop gekruip. Hulle is nou twee gelukkige hondjies wat beslis ‘n tweede kans verdien. Boitjie is lief vir water en Tshepi is die ontdekkingsreisiger wat wil sien wat aangaan. Gee  asseblief vir hul liefdevolle, permanente huise.
https://diewaarheid.com/wp-content/uploads/2021/09/springs-spca.jpg

Sugar is by Springs SPCA. Hy is so liefdevol en verdien ook ‘n permanente huis.

Leave a Reply

error: Content is protected !!