Skip to main content

‘n Bronstydperk kis wat in ‘n gholfbaandam in Lincolnshire, Engeland, gevind is, is die oorskot van ‘n 4 000-jarige man wat met ‘n byl in die kis daar begrawe is, sê navorsers.
Die oorblyfsel is oorspronklik gevind in Julie 2018 tydens warm weer. Dit sal nou na twee jaar van restorasiewerk in die Lincoln Collection Museum uitgestal word.
Argeoloë het sedertdien vasgestel dat die kis, wat 3 meter lank is, gemaak is uit ‘n eikestam wat uitgehol is.
Hulle glo ook dat die man in die kis ‘n hoë status het omdat sy liggaam op plante gerus het en met ‘n gruishoop onder die kis begrawe is.
Die byl wat langs die man gevind was, is nog ‘n belangrike ontdekking vanweë hoe goed bewaar en skaars dit is en kenners meen dit is eerder ‘n simbool van gesag as aanduideing van ‘n praktiese hulpmiddel is.
Die byl is een van slegs 12 wat in Brittanje ontdek is.
Lindsey Cawrey, van die County Council in Lincolnshire, het gesê dat sy nie kan wag om die ou oorblyfsel in die museum se versameling te sien nie.
‘Die bewaring van die byl en handvatsel en die kishout is verstommend, en ons sien uit daarna om die verhaal van die ontdekking en die resultate van die wetenskaplike analise met navorsers en besoekers aan die museum te kan deel wanneer dit gereed is om na Lincoln te kom,” het sy volgens The Guardian gesê.

Leave a Reply