Skip to main content

‘n Voormalige bevelvoerder van die polisie in Kampsbaai, wat van kinderpornografie en onsedelike aanranding aangekla is, is Dinsdagaand dood in sy woning in Vredehoek aangetref.
Zbiegniew Andrzej Weclaw (65), wat ‘n stasiebevelvoerder vir 21 jaar was en wat 30 jaar diens gehad het, is op 24 November verlede jaar in hegtenis geneem, maande nadat ‘n klag deur sy seun, Daniel Clifford Weclaw, teen hom gemaak is.
Daar was verskeie bokse DVD’s met kinderpornografie, waarvan Meestal van jong seuns, wat deur Zbiegniew verfilm is. Weclaw was een van die seuns in die video’s. Daniel het gesê dat hy seksueel mishandel was deur sy pa vanaf die ouderdom van ses tot die einde van sy laerskool dae.
‘n Arrestasiebevel is teen Weclaw uitgereik nadat hy verlede Donderdag nie by die hof opgedaag het nie. “Weclaw se liggaam Dinsdagaand deur Daniel in sy woonstel ontdek, nadat Daniel die opsigter oorreed het om vir hom oop te sluit,” het Traut gesê.
Die saak word verder ondersoek aangaande Weclaw se dood.

Leave a Reply

error: Content is protected !!