Skip to main content

‘n 75-Jarige vrou, Margaret Holloway, is Sondag by ‘n ouetehuis in Westdene, Johannesburg, deur ‘n dwaalkoeël in haar been getref toe sy in die tuin gesit het.
Dit volg nadat daar verskeie skote by die begrafnis van ‘n leier van die Umkhonto we-Sizwe Militêre veterane vereniging (MKMVV) afgevuur is. Die Westpark-begrafplaas is naby aan die ouetehuis, waar Holloway woon. Die koeël is glo van ‘n AK47 geweer. Daar was glo talle senior polisiebeamptes by die begrafnis teenwoordig, maar daar is niks aan die voorval gedoen nie.
Dokter het gesê dat hulle nie die koeël in Holloway se been kan verwyder nie. Daar is ook intussen ook onder die polisie se aandag gebring dat nog ‘n dwaalkoeël ‘n 87-jarige inwoner in die Montgomery Park omgewing net-net gemis het.
‘n Saak van die oortreding van die Vuurwapenwet sowel as poging tot moord is aanhangig gemaak.

Met erkenning aan ToekomsVonk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!