Skip to main content

Fikile Mbalula, die Minister van Vervoer en ‘n man wat sover nog nie in een regeringspos iets positiefs kon vermag nie, sit vandeesweek in drukskrif op hierdie harde troon.

Glo die man dat bloed uit ‘n klip getap kan word? Kan jy biltong weer in sappige biefstukke verander? Nee! Net so is dit onmoontlik om die reeds drooggesuigde SA burgers te oorreed om met ‘n goeie hart NOG geld in die korrupte regeringkoffers te gooi.

Mbalula, wat op 3 September skelmpies ‘n wysiging in die Staatskoerant gepubliseer het waardeur hy voorstel dat motoriste ‘n addisionele R250 moet betaal – net om ‘n aanlyn bespreking op die mislukte e-Natis-stelsel te maak – verdien vandeesweek hierdie titel met lof.

Leave a Reply

error: Content is protected !!