Skip to main content

‘n 41-Jarige polisiebeampte is Dinsdag by sy huis in Parow, Kaapstad, doodgeskiet.

Die polisiebeampte van die Parlement-polisiestasie was ten tye van die voorval nie aan diens gewees nie.  Die motief rakende die voorval is op hierdie stadium nog onbekend.  Die saak is aan die Valke oorhandig en deeglike ondersoek word tans ingestel om die skuldiges vas te trek.

Die kommer raak al hoe meer, nadat daar meer as 6 beamptes al in die afgelope 10 dae in Suid-Afrika vermoor is.  Die ondersoek duur voort.

Met erkenning aan ToekomsVonk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!