Die aantal boere in SA toon ‘n noemenswaardige afname sedert die begin van die Covid-19-pandemie. En diegene wat oorbly – veral kleinboere – staar voortdurende uitdagings in die gesig.
Melkboere alleen het in die afgelope 14 jaar met meer as twee derdes gedaal, van 3 899 in Januarie 2007 tot 1 053 in Januarie 2021.
Dit is volgens die jongste in ‘n reeks verslae oor die monitering van noodsaaklike voedselpryse wat deur die Mededingingskommissie uitgereik is. Die jongste verslag fokus op die impak van die Covid-19-pandemie op voedselmarkte in die land.
Die verslag sê kleinskaalse en opkomende boere is veral swaar getref deur swak opbrengste en lae produktiwiteit, en het gesukkel om hul bedrywighede te laat groei. Hindernisse sluit toegang tot finansiering, infrastruktuur en markroetes in.