Skip to main content

Tong-in-die-kies sterre, soos voorspel deur Madame Zee

RAM 21 MAR – 19 APR

Op 12 September skuif die son na Weegskaal, die kardinale lugteken wat bekend is vir sy Venus-beheerde affiniteit vir skoonheid, verhoudings (veral van die een-tot-een-variëteit) en diplomasie. Dit beteken dat jy lus gaan voel vir ‘n vakansie, of om alles op te pak en na die platteland te verhuis.

Moenie oorhaastige besluite maak nie. As jy teen die einde van die maand nog lus is vir ‘n verandering in jou lewe, kry eerder ‘n ‘asemwegslaan’ kapsel of skaf ‘n motorfiets aan. Jy kan altyd weer jou ou haarstyl teruggroei, of die motorfiets verkoop wanneer die drang oorgewaai het.

STIER 20 APR – 20 MEI

Terwyl die son se tyd in Maagd die organisasie en ywer van daaglikse take bevorder en die toewyding versterk om jou geestelike, fisieke en emosionele welstand te verbeter, draai die gety die oomblik stadig in hierdie tyd en laat jou op ‘n meer sosiale en romanties ruimte fokus.

Daar gaan allerhande drange deur jou kop flits. Jy gaan meer aandag gee aan hoe jy lyk, en hoe mense vir jou lyk; wat jy aantreklik gevind het toe jy jonger was gaan nou verbleik lyk teen dit wat jou deesdae betower. As jy enkel is, soen iemand wat jy bewonder dat hulle tone omkrul. As jy ‘n gade het, pas dieselfde op hom/haar toe. Jy kry dalk net ‘n verrassing.

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Jy voel vandeesweek die verandering in seisoene, en wil net deel wees van son, pret en matraspolka.

Daar is niks fout daarmee nie, maar jy moet nie dat jou gesondheid daaronder ly nie. Jou speelse, lewendige, romantiese neigings gaan jou na interessante mense lei.

Vermy liefs die wat kamma handpalms lees om jou toekoms te voorspel, want jy is nou vatbaar vir enigiets wat na pret lyk.  Vir veiligheid moet jy eerder die naweek tuis spandeer en ‘n interessante reeks kyk totdat jy dik is daarvoor. Maak sommer ‘n krismisbed in die sitkamer en maak net seker dat jy Sondagaand bad voordat jy Maandag werk toe gaan.

KREEF 21 JUNIE – 22 JULIE

Met die lieflike Venus in jou intimiteitsone, wat jou begeerte verhoog om emosioneel kwesbaar te wees, gaan veroorsaak dat jy jou hart op jou mou dra op ‘n heel ongewone manier.

In werklikheid sal jy meer gemaklik voel in jou eie vel gedurende hierdie week en danksy ‘n volmaan wat in jou spiritualiteitsgebied plaasvind, sal jy waaghalsige dinge wil aanpak. Moenie verbaas wees as die energie rondom hierdie maangebeurtenis jou uitputtend en emosioneel laat voel nie. Maak dit verbeeldingryk, slaan iemand se asem weg, swem kaal, kyk in die spieël en vertel jouself hoe ‘gorgeous’ jy is. En dan gooi jy ‘n knertsie en sit rustig naak op jou stoep totdat die son opkom.

LEEU 23 JULIE – 22 AUG

Die eerste helfte van die Maagdseisoen bring jou waarskynlik op ‘n baie goeie plek in jou lewe. Soveel so dat jy met alle geweld jou artistieke selfuitdrukking wil beoefen. Op 12 September harmoniseer die maan met die spelwisselaar Uranus, wat ‘n opwindende dosis inspirasie opdis om jou op ‘n pad te neem wat later verskonings gaan teweeg bring.

Doen dit! Kry daardie tattoeërmerk waaroor jy so lank droom. Maak net seker dat enige woorde reg gespel is, en onthou dat ‘Moeder’ tattoos uit die mode is. Waarvoor wag jy?

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

Alle aandag is nou op al die alledaagse dinge wat jy tot dusver kon uitstel. Dit is duidelik dat jy veel eerder terug wil sit en ontspan saam met jou geliefde, of as jy enkellopend is om aan al die flirterige geselsies deel te neem met ‘n nuweling in die joga-klas, maar daar is dinge wat net eenvoudig nie verder uitgestel kan word nie.

Jou voorskrifte gaan nie hulself laat hervul nie, en jou kar gaan ook nie hom-/haarself gediens kry nie.

Wikkel daai boude en dan, wanneer alles gedoen is, kan jy jou foon opneem en soet, bemoedigende woordjies vir jou nuwe joga-maatjie stuur.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Lui. Daar is nie ‘n ander manier om uit te druk hoe die stand van die planete jou hierdie week gaan beïnvloed nie. Daar is ‘n goeie ding van lui wees en net heel dag soos vuil wasgoed te wil rondlê: die beste uitvindings het in mense se koppe gebeur terwyl hulle gelê en dagdroom het. Dink jy Leonardo da Vinci het die valskerm sommer net so uitgedink? Beslis nie. Dit was op ‘n rustige dag, en ek glo dat hy op sy rug gelê het iewers in ‘n tuin toe ‘n gedroogte perdeblom (dandelion) op die ligte briesie verby hom gevlieg het.

Lê rond, doen niks, laat jou foon se battery afloop, en wees net jy. Jou persoonlike lus vir die lewe sal weldra terugkeer, en dan kan jy weer die lewe vol in die oog kyk. Met of sonder ‘n nuwe uitvinding.

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Gedurende die eerste paar dae van die week sal jou sosiale lewe opvlam, danksy die selfversekerde son wat deur jou kommunikasiesone beweeg. Al wil jy veel eerder op jou rusbank sit met jou gunsteling trooskos en ‘n glas wyn moet jy besef dat al hierdie intellektuele stimulasie jou kreatiewe sy gaan aanspoor. Pluk daardie ou, onvoltooide manuskripte uit. Neem deel aan dig- en skryfkompetisies. Vertel jou storie! Net nie in detail nie. Sommige dinge moet eerder geheim bly. Veral as van die mense nog kennisse is. Regsgedinge kan duur raak.

BOOGSKUTTER 22 NOV – 21 DES

Vanaf 12 September, wanneer die maan in dieselfde sektor as jou sterreteken val, kan jy ‘n opwindende dinkskrum bewerkstellig oor hoe jy die meeste uit jou besige week kan haal. Jy sal moontlik gefokus wees op die maksimalisering van doeltreffendheid, maar jy sal ook nadink oor hoe jy alles waarvan jy droom kan kanaliseer – en hoe dit werklik kan vrugte afwerp. Vrugte is gesond. En goed vir jou gemoed.

Die rebelse Uranus in jou openbare beeldsone kan egter groot drama veroorsaak. Jy gaan verlei word deur mense om jou wat net wil jol en plesier uit nuttelose dinge wil put. Volhard in jou soeke na die goeie. Al is dit met ‘n drankie in die hand.

STEENBOK 22 DES – 19 JAN

Genade, op die 12de skuif gung-ho Mars na jou kommunikasiesone en versterk die fokus op verbindings – professioneel, persoonlik en elke ander denkbare soort. Dit is nou die tyd dat jy met verbeeldingryke idees vorendag kom deur intellektueel belaaide gesprekke met ander te voer. Skreeu jou idees van die hoogste dakke af as jy moet. Dit is tyd dat jy jouself eerste stel, en sê wat jy al jare lank opkrop.

Hou net een ding in gedagte: as jy getroud is, is dit nie nou die regte tyd om ‘n skoonma aan te vat nie. Jy moet immers nog daagliks saam met haar seun/dogter saamleef. En egskeidings is duur.

WATERDRAER 20 JAN – 18 FEB

Alhoewel jy hierdie komende week ‘n interpersoonlike tyd beleef, en dit voel of die suiwer drukte van die tyd soms oorweldigend voel, moet jy tyd maak vir jouself. Besoek ‘n afgeleë plek. Mediteer. Vind jouself want dit is belangrik.

Vermy hoogs emosionele mense, want hulle sal nie die oor verleen wat jy nou benodig nie. Om na stories van hulle persoonlike lewens, wat so terloops slaapkamersake gaan insluit, is nie nou goed vir jou gemoed nie.

VIS 19 FEB – 20 MAART

Hierdie komende week is jou gedagtes vol vrae. Die tema van wederkerigheid maal in jou kop en vrae soos ‘ontmoet my mense my werklik halfpad? Waarvan sou ek meer kan gee? Is my visies in ooreenstemming met dit wie ek wil wees?’

Mercurius noop jou om ou besigheid af te handel voordat jy met iets heeltemal nuuts kan voortgaan.

Wees selfsugtig, en sny alle bande met dit wat jou in die verlede vashou. Dan begin jy ‘n nuwe dag met iets wat jy nooit sou oorweeg nie. Sluit aan by ‘n salsa klub. Leer tolletjiebrei in jou teetyd by die werk. Teken ‘n uitsteektong op jou masker en kyk na die reaksies wat dit by jou medewerkers uitlok. Die lewe is te kort om sonder ‘n lag te funksioneer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!