Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) verwelkom die vonnis van drie renosterstropers tot ‘n totaal van 105 jaar tronkstraf weens renosterstropery en ander oortredings.

Die drie stropers is in 2017 in hegtenis geneem nadat drie renosters in die Marula (suidelike) gedeelte van die Krugerwildtuin doodgemaak is.  Twee van die stropers, Shangani Mathebula en Emmanuel Mdhluli, is van Mosambiek. Walter Hendrik Mangane is ‘n Suid-Afrikaner.

Terwyl die landdros op 3 September 2021 die vonnisse uitgedeel het, het hy breedvoerig verduidelik hoe die drie stropers drie renosters doodgemaak het in ‘n teregstellingstyl en hoe hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle besig was om die diere van hul horings te stroop.

In reaksie op die vonnisse hetdie KNP se besturende direkteur, Gareth Coleman, die eenheid vir omgewingsmisdaad en veldwagtersdienste gelukgewens met die noue samewerking met die ondersoekbeampte en die SAPD om soliede getuienis voor die hof te bring. “Hierdie vonnisse motiveer die spanne wat dag en nag onvermoeid werk om ons fauna en flora te beskerm. ” het Coleman gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!