Volgens data van Sable International verhuis baie minder Suid-Afrikaners na die Verenigde Koninkryk (VK) in vergelyking met vorige jare.
Einde Desember 2020 is ‘n totaal van 996,636 inskrywingsvisums toegestaan, vergeleke met 3,171,721 in 2019. Dit verteenwoordig ‘n afname van 69%.
‘Sedert 2012 het die aantal besoekers aan die Verenigde Koninkryk oor die algemeen jaar-tot-jaar gestyg,’ het Sable international gesê.
“In 2020 het die getal egter met 79% (1,9 miljoen) afgeneem, met slegs 506,644 besoekersvisums toegestaan in vergelyking met die vorige jaar se meer as 2,4 miljoen.”
17 288 van hierdie besoekersvisums is toegestaan aan Suid-Afrikaners – die 10de grootste van enige land.