‘n Renosterkoei het ‘n dronk man Saterdag tydens ‘n ramparty geskraap. Die voorval het by Ubhetyan-o-Africa, ‘n wildsplaas net buite Middelburg, Mpumalanga, plaasgevind.
Die man het ‘n renosterkoei met haar kalf “grassies probeer voer.” Hy is deur die koei aangeval en in die lug op geskiet.
Die man, “wat erg besope was,” is deur sy vriende afgeraai om die koei te gaan voer voordat hy gegaffel is.
Volgens ooggetuies het die koei die man die lug in gegooi en het hy skeef met die landingslag getrap. Sy voet is morsaf en het glo ‘net aan velle gehang’. Die dokters sal eers vandag met behandeling kan voortgaan omdat hy onder die invloed was.
Die eienaar, Deon Cornelius, vertel dat die man deel van ‘n groep was wat ‘n rampartytjie by die lodge gehou het.
Cornelius was tydens die voorval elders besig met talle internasionale en Onderstepoort-veeartse, wat op die wildsplaas was om leeus te help steriliseer.
Hy is eers later meegedeel van die voorval.
Die besoekers het tydens hul aankoms alle vrywaringsvorms geteken, en volgens mnr. Cornelius is almal deeglik gewaarsku om van die koei en haar kalf af weg te bly.
Oogetuies het die man as Christo Herbst van eMalahleni geïdentifiseer.