Skip to main content

Die 19-jarige Ntando Mahlangu, voorheen woonagtig te Tweefontein in Mpumalanga, is gebore met fibulêre hemimelia en was gevolglik in ‘n rolstoel.

Nadat sy gesin na Pretoria verhuis het is albei sy bene in 2012 by sy knieë geamputeer. Hy ontvang daarna proteses van die liefdadigheidsorganisasie Jumping Kids, wat sy lewe verander het.

Mahlangu het Vrydag sy tweede goue medalje behaal in die 200 m T61 -eindstryd vir mans in die Paralimpiese Spele in Tokio.

“Sport het my die vermoë gegee om te wees wie ek wil wees, iemand wat ander inspireer. Dit het soveel deure vir my oopgemaak,” het hy aan Lynn Butler gesê. “Die goue medalje is nie myne nie, dit is vir almal tuis. Hopelik kan dit baie positiwiteit huis toe bring’.

Leave a Reply

error: Content is protected !!