Skip to main content

Regoor Gauteng neem motorkapings kwaai toe. Bestuurders wat met oop vensters ry, sonder veilgheidsgordels gesien word, of maskerloos is, word deur die boewe vermy aangesien dit lyk of die bestuurders ‘van die area af kom’ en nie bang is nie.

Mense wat op warm dae met toe vensters ry word as lafaards en as maklike teikens gesien.

Vrouens loop die gevaar om eerste gekies te word as daar op een tyd meer as een teiken is.

‘n Nuwe tendens is die teiken van drywers wat vir Uber, Bolt of van die ander huurmotormaatskappye. Kapers stel gewoonlik vals profiele op wat wys dat hulle ‘n vrou is, en dat ‘sy’ kontant gaan betaal wanneer die huurmotor ‘haar’ gaan oplaai. Daar is wel ‘n vrou wat maak asof sy in die ‘huurmotor’ gaan klim by die oplaaipunt, maar sodra die deur oopgaan, tree sy terug en mans klim in en beroof die drywer.

Volgens die amptelike misdaadstatistieke wat Bheki Cele, minister van polisie, onlangs bekend gemaak het, het aan die lig gekom dat motorkapings vir die tydperk April tot 30 Junie met 92,2% toegeneem het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Wees asseblief op julle hoede.

Leave a Reply