Skip to main content

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het in die provinsiale wetgewer skriftelik op ‘n vraag wat Khume Ramulifho, woordvoerder van die DA, oor onderwysposte gevra het, geantwoord dat 53 topposte by skole in Gauteng nie gevul is nie weens besware of geskille. Die getal sluit 41 van die poste vir hoofde in, en die res hou verband met posisies vir skoolbestuur.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het aan City Press gesê die geskille handel oor kortlys- en onderhoudsprosesse. ‘Dit neem gewoonlik nie drie jaar om geskille op te los nie.

Leave a Reply