Die Rietrotte lê laag (5) deur Nerine Ahlers
Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.
In die Rietrotte-reeks word aktuele kwessies soos misdaad en gesinsprobleme op uiters suksesvolle wyse verweef met die prettige kaskenades van ’n klomp tienerseuns. Die boek is die vyfde boek in die Rietrotte-reeks. Mense wat die eerste vier boeke gekoop het, sal ook dié boek en die opvolgende boeke koop om uit te vind hoe Daniël se lewe verloop.
Nerine en haar man woon in Pretoria. Hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.
Sy is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome.