Skip to main content

Moordsaak van die vermeende moordenaars van twee polisiebeamptes van Noorwes is gister uitgestel.

Die saak teen vyf verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle twee polisiebeamptes in Mareetsane in Noordwes vermoor het, word op 13 September 2021 in die Itsoseng -landdroshof hervat vir borgtogaansoek.

Noordwes se NVG -woordvoerder, Henry Mamothame, sê die saak is uitgestel omdat daar nie ‘n landdros beskikbaar was om die saak aan te hoor nie.  Die staat beoog om borgtog vir al vyf, insluitend die 16 jarige minderjarige, teen te staan.  Die 16 jarige se borgtogaansoek sal afsonderlik aangehoor word ooreenkomstig die regulasies van die Kinderwet.

Vier van die beskuldigdes sal in aanhouding bly terwyl die minderjarige in die jeugsentrum aangehou sal word, tot die volgende hofverskyning.

“Volgens polisieverslae het die twee vermoorde beamptes ‘n veediefstalklagte in Mareestane bygewoon, maar die beamptes het nie teruggekeer na die stasie nie.  Die verbrande staatsvoertuig met hulle oorskot is op 27 Julie 2021 in Ganyesa gevind nadat ‘n groot soektog geloots was.  Die polisie ondersoek die saak verder” sê Mamothame.

Benjamin Jacobs (42), Jeremiah Mongale (26), Rapulana Keikantse (25), Matthews Modukane (20) en ‘n 16 jarige seun staan ​​tereg op aanklagte van moord, kwaadwillige saakbeskadiging en die besit van ‘n gesteelde vuurwapen.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!