Skip to main content

Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in KZN, en haar ‘baas’, die Premier van KZN, Sihle Zikalala, sit hierdie week saam op die ongewilde troon.

Nomagugu Simelane-Zulu is ‘n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus van die African National Congress wat sedert Mei 2019 as die LUR vir gesondheid van KwaZulu-Natal dien.

Covid-reëls geld duidelik nie vir hierdie geleerde dame nie. Sy het lekker jolyt gehou op ‘n ‘verrassingspartytjie’ wat vir haar gehou is sonder om Covid-protokol te volg. Daar was geen sosiale afstand of maskers in sig nie.

Zikalala sit langs haar in die Mamparra stoel want hy het haar slegs ‘n ligte tikkie op haar goedgemanikuurde vingers toegedien in die vorm van ‘n boete – die helfte van haar maandelikse salaris van sowat R165 000 – ‘n waarskuwingsbrief, en ‘n bevel om ‘binne sewe dae om verskoning te vra dat sy die Covid-19-sluitingsregulasies oortree het’.

Die Waarheid meen dat die straf lagwekkend is as mens dit vergelyk met mense wat in vroeër maande op strande gearresteer is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!