Vandag, 2 September, is Wêreld-Klapperdag
Daarsonder kan jy nie ‘n piña colada maak nie, die melk daarvan maak ‘n goeie hersteldrankie, en sy veselagtige skil hou muskiete weg as dit gebrand word – dit is slegs drie van die vele uitstekende redes om vandag ‘n klapper te vier.
Een van die veelsydigste produkte van die natuur, die klapperplant, kan gebruik word vir kos en drank, kosmetiese voorbereidings en versierings. Sommige voorstanders van die klapper beweer selfs dat die vrugte se olie tandbederf kan keer.
Dit is baie lekker om ‘n regte klapper te kraak. Daar is ‘n aantal metodes, kyk gerus na ‘n paar YouTube-video’s. Wat jy ook al kies, bêre eers die klapperwater veilig voordat jy die soet vleis uitkrap om aan te peusel.