Dit is ‘n donker tyd vir almal in die SAPD. Daar word gesê dat altesaam 821 polisiebeamptes hul lewens weens Covid-19 verloor het sedert die uitbreek daarvan in Maart 2020.
Hierdie virus het meer as 38 000 lede besmet, en talle polisiekantore moes ook sluit weens besmetting.
Minister Cele het sy innige meegevoel uitgestuur aan die gesinne, vriende en kollegas van die lede wat die geveg verloor het en wens die wat nog in die hospitale is vinnig herstel.
Die minister bly positief en bly by sy standpunt dat die impak van die virus nie die voorkoming, bestryding en ondersoek van misdaad vertraag nie.
Cele is egter dankbaar dat meer as 50% van die lede reeds ingeënt is, en daar is ‘n beroep gedoen op alle lede om hulself te laat inent teen die virus.