Skip to main content

Eskom het ‘n onvolhoubare skuldlas van ongeveer R400 miljard, maar kan nie verdere lenings – veral uit klimaatfinansieringsfasiliteite – uitsluit as hy broodnodige infrastruktuur gaan finansier nie, sê André De Ruyter, uitvoerende hoof.

De Ruyter het Dinsdag gepraat tydens die aankondiging van Eskom se finansiële resultate vir die jaar geëindig Maart 2021.

Eskom het daarin geslaag om sy skuldlas met R81,9 miljard tot R401,8 miljard te verlaag – hoofsaaklik danksy steun van die regering se R56 miljard, ‘n sterker randwisselkoers en streng kostebeheer, het De Ruyter gesê.

Maar skuldkoste van R31,5 miljard het daartoe gelei dat die nutsbedryf ‘n netto verlies van R18,9 miljard aangeteken het.

Al het Eskom ‘n onvolhoubaar hoë skuldlas van ongeveer R400 miljard, moet hy steeds meer leen om verspreidings- en transmissie-infrastruktuur te finansier. Hiervoor is Eskom op soek na klimaatsfinansiering.

Leave a Reply

error: Content is protected !!