Skrikwekkende beeldmateriaal toon hoe ‘n TikTokker Vrydag van ‘n dak af na haar dood val nadat sy probeer het om ‘n video van die sonsondergang te neem.
Kubra Dogan (23) het haar 16-jarige niggie, Helen, by haar gesin se woonstel in Istanbul besoek. Die paar het ‘n rukkie lank videosnitte en foto’s geneem terwyl hulle op die dak was, toe Kurba omstreeks 19:30 deur ‘n paneel in die dak geval het.
Skokkende beeldmateriaal van die voorval, wat deur haar niggie verfilm is, wys hoe sy voor die kamera poseer voordat sy op die rand van die dak gaan sit. Kubra trap dan ‘n onderste deel van die gebou af, en ‘n harde knarsgeluid kan gehoor word voordat sy verdwyn.
Haar niggie het gehaas om haar familie van die voorval te vertel en nooddienste het vinnig by die toneel in Esenyurt opgedaag. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.