Skip to main content

Twee skoolkinders is dood en 15 ander mense, waaronder kinders, is beseer tydens ‘n gru-ongeluk Maandagmiddag in Ohrtmannweg, Pietermaritzburg.

Daar word beweer dat ‘n vragmotor en ‘n minibustaxi, met 17 skoolkinders van ‘n skool in Sobantu, op pad na hul huise by die informele nedersetting Jika Joe gebots het.

Toe The Witness op die toneel aankom, is daar reeds bevestig dat twee kinders dood is. Dit was ‘n tragiese toneel vol krete van ouers wat desperaat na hul kinders soek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!