Skip to main content

Hier is ons weeklikse keur van diere vir aanneming in Gauteng. Hou egter in gedagte dat daar reddingsinstansies regoor Suid-Afrika is wat desperaat is om nuwe huise vir wees-troeteldiere te vind. As jy nie ‘n plekkie vir ‘n aanneem-dier het nie, sal elkeen van hulle ‘n donasie van geld, kos of ander benodighede hoog op prys stel.

By Woodrock Animal Rescue is Jersey, ‘n Collie Cross tefie van agt jaar oud. Hierdie lieflike meisie is op soek na ‘n huis waar haar eienaar meestal tuis is. Sy is ‘n stil, goed opgevoede meisie wat net te bly is om by mense te wees.

SPCA Springs het sagte Leopold wat geduldig wag op sy ewige huis. Kom besoek hom vandag nog.

By SPCA Roodepoort Krugersdorp soek klein Milo ‘n huis. As jy of jou familie dalk ‘n katjie wil he, maak vandag hierdie baba jou nuwe familielid.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!