‘n Ooggetuie tydens die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran word nou in ‘n plek van veiligheid versteek.
Deokaran, ‘n amptenaar van die Gautengse gesondheidsdepartement, ‘n sleutelgetuie in die vervolging van korrupte ampenare in tenderbedrog van honderde miljoene rande, is die naweek buite haar huis in die suide van Johannesburg doodgeskiet.
Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Gautengse Valke, het Maandag buite die Johannesburgse landdroshof gesê dat hulle die veiligheid van ‘n getuie van die moord verseker het.
‘Sy is veilig. Sy is nie in die aanval beseer nie. Sy was by die motor toe die vermeende gewapende mans op die oorledene losgebrand het.”