Skip to main content

Ons sien hierdie silikoonspeelgoed die afgelope tyd oral, maar wat presies is dit?

Popfidget-speelgoed, ook bekend as popit-speelgoed, is ‘n speelding wat ontwerp is vir die kinders en grootmense met besige hande. Dit is sensoriese speelgoed wat angs en spanning help verlig of kinders en volwassenes help wat sukkel om te fokus. Dit is ‘n prettige en maklike manier om jou hande besig te hou en jouself ontspanne te hou.

Druk net die borrels af en let op die effense knalgeluid. As al die borrels ingedruk is, kan jy die speelding omdraai en weer begin. Pop It fidgets kom in elke kleur van die reënboog. Jy kry hierdie speelgoed in eenvoudige meetkundige vorms soos sirkels en vierkante, of meer speelse ontwerpe soos kolwyntjies, dinosourusse en seediere.

Kry vir jou of jou kinders vandag een en laat weet ons of dit werk soos wat hulle se dit moet.

Leave a Reply