Skip to main content

‘n Plaasaanval het die naweek op die Phomolong Jagplaas in die Groot Marico distrik in die Noordwes, plaasgevind.

‘n Onbekende aantal aanvallers het op die plaas toegeslaan. Die plaasbestuurder is tydens die voorval in sy been geskiet en die aanvallers het met twee Toyota Landcruisers gevlug.

Die polisie is na die toneel ontbied, en die beseerde plaasbestuurder is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die twee voertuie is as gesteel aangemeld en word nog gesoek.

Geen arrestasies is sover gemaak nie. Die saak word verder deur die polisie ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!