Skip to main content

Deon Viljoen, eienaar van die plaas Roodepoort, sowat 5km noord van Bronkhorstspruit, het verlede Sondag op die beendere van ’n jong kind afgekom.

Volgens Viljoen neem hy en sy vrou, Heleen, gewoonlik naweke hulle honde vir ’n uitstappie veld toe.  Hulle inspekteer terselfdetyd die grensdrade terwyl die honde in die veld baljaar.

Die eienaar het opgemerk dat die honde in iets rol en het hulle geroep.  By nadere ondersoek is daar liggaamsdele gevind.  Daar was ook kledingstukke nie ver van die toneel gevind.

“My werkers het my meegedeel dat daar glo drie kinders in Zithobeni (‘n naby geleë nedersetting buite die dorp) weggeraak het waarvan twee reeds gevind is.  Die derde kind is ‘n outistiese seuntjie, wat nog steeds nie gevind is nie.  Daar is na verdere ondersoek nog liggaamsdele deur die polisie gevind, maar daar is gedeeltes wat vermis word.”

Die liggaam blyk die van ’n vyf- tot sesjarige seuntjie te wees.

Die polisie ondersoek die saak verder.

 

 

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!