Skip to main content

Op papier behoort die ANC landwyd bloedneus te kry in die komende plaaslike verkiesings en ver onder die helfte van die stemme in die volgende algemene verkiesing te kry, sê Max du Preez.

“Hoekom vind die opposisiepartye nie baat by die chaos in die ANC en die wanbestuur en korrupsie in die land nie, en hoe lank gaan die land nog met Gwede Mantashe as minister van energie gestraf wees?”

Die party is in ‘n absolute chaos. Dit is bankrot en kan nie werknemers se salarisse betaal nie. Dit is rigtingloos en verdeeld –die uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal het pas ‘n woeste aanval op president Cyril Ramaphosa, die Zondo-kommissie en die Konstitusionele Hof geloods. Verskeie senior leiers is geskors. Korrupsie in senior ANC-geledere domineer week ná week die nuus.

Volgens Du Preez was die oproer van 9 Julie eintlik ‘n ANC-faksiegeveg. Die meeste plaaslike owerhede onder ANC-beheer het ineengestort. Werkloosheid staan vandag op rekordvlakke.

‘n Mens kan jou kwalik ‘n meer vrugbare teelaarde verbeel vir die opposisiepartye om sterk te groei…

Leave a Reply

error: Content is protected !!