Skip to main content

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, voer samesprekings met drankhandelaars in die provinsie oor die voorstel om te weier om alkohol aan kliënte wat nie gevaksineer is nie, te verkoop.

Ramathuba het aan eNCA gesê dat gesprekke begin het, hoewel sy herhaal het dat daar geen nasionale wetgewing is wat mense dwing om in te ent nie.

‘Dit is nie verpligtend in ons land nie, en dit sluit Limpopo in. As ‘n departement van gesondheid kan ons egter nie net ons arms vou en aanhou kla oor die huiwering teen entstowwe as ons weet dat ons die drankbedryf daarvoor kan inspan nie.”

Ramathuba het gesê dat die drankbedryf een van die segmente is wat die swaarste getref word as ‘n nuwe golf van Covid-19-gevalle die land raak, terwyl die regering vinnig alkohol kan verbied om die druk op hospitale te verminder.

Die LUR het gesê dat daar nou ‘n geleentheid vir Suid-Afrika is om ‘n vierde Covid-19 golf van infeksies later vanjaar te voorkom, as genoeg mense ingeënt word.

Sy het gesê dit is aan die drankbedryf om te besluit of dit die regering se voorstelle aanvaar – maar het gewaarsku dat alkohol weer verbied kan word as ‘n nuwe golf die land tref.

Die Waarheid interpreteer dit as niks minder as afpersing nie. Tjeers, Phopi!

Leave a Reply