Skip to main content

Nadat inwoners van die Roodepan-omgewing naby Kimberley Dinsdagaand ‘n slegte reuk geruik het wat hulle vermoed het van ‘n voertuig in die omgewing af gekom het, het een van die inwoners die polisie gekontak.

Die voertuig was gesluit en die brandweer is na die toneel ontbied om die voertuig oop te kry.  Lede van die brandweer kon daarin slaag om die voertuig oop te kry, waarna daar ‘n gedeeltelik ontbinde liggaam van ‘n man in die voertuig se kattebak ontdek is.

Die oorsaak van die man se dood is op hierdie stadium onbekend, en die voorval word deur die polisie ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!