Skip to main content

Dit is elke ma se nagmerrie dat haar baba by geboorte in die hospitaal met ‘n ander moeder se kind omgeruil kan word. Dit lyk of dit nie hier aan die suidpunt van Afrika ‘n ongewone verskynsel is nie.

Twee ma’s van Johannesburg is woedend en eis antwoorde nadat kraampersoneel in die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus hul babas glo na die geboortes omgeruil het, wat tot verwarring en paniek gelei het.

Die voorval het Maandagaand gebeur nadat die twee babaseuns in dieselfde saal gebore is. Naamplaatjies is nie op die babas geplaas soos die standaardprosedure vereis nie.

Die ouers wag nou dat DNS-toetse afgehandel word voordat hulle ontslaan kan word, ‘n proses wat tot ‘n week kan duur terwyl hulle van hul pasgeborenes afgesonder is.

Intussen is ‘n ma in Zimbabwe aan dieselfde lot onderwerp.

‘n Verwagtende moeder, Blessing Kachembere, het op 17 Augustus in die Sally Mugabe-hospitaal in Harare geboorte gegee. Die vroedvrou haar vertel dat sy ‘n seuntjie gebaar het en sy het haar man gebel en die vreugdevolle nuus van ‘n babaseuntjie vertel. Die man het nog altyd ‘n seuntjie begeer, maar sy vreugde het gou verander in woede.

Die volgende dag was die ma geskok toe sy hoor dat sy eintlik ‘n dogter het. Die egpaar beskuldig nou die hospitaalpersoneel daarvan dat hulle babas omgeruil het. Hulle weier botweg om die meisie te neem.

Die hospitaal doen nou DNS-toetse.

Leave a Reply

error: Content is protected !!