Skip to main content

Die uittredende Uitvoerende Direkteur van VN-Vroue, Phumzile Mlambo-Ngcuka, sê die voormalige president, Jacob Zuma, het haar aanstelling by die wêreldwye liggaam geopponeer.

“Hy het my nie aanbeveel nie. Trouens, hy het teen my aanstelling geprotesteer en destyds die ambassadeur van SA by die Verenigde Nasies aangevat omdat hy dit nie gestop het nie. Die ambassadeur kon dit nie stop nie, want dit was net iets wat die sekretaris-generaal kon doen,’ het sy Dinsdag tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika verduidelik.

Mlambo-Ngcuka het dié kommentaar gelewer nadat ‘n kyker gevra het: ‘Wanneer gaan jy oudpresident Jacob Zuma bedank dat hy jou by die Verenigde Nasies aanbeveel het?’

Leave a Reply

error: Content is protected !!