Skip to main content

‘n Bejaarde egpaar is in ‘n ernstige toestand nadat hulle gisteroggend herhaaldelik deur hul seun met ‘n mes gesteek is.   Hy het sy ouers gyselaar gehou in hul woonstel in Dhaliaweg in Buffelsdale, Tongaat.

Die 34 -jarige verdagte is omstreeks 02:39 deur die SAPD Task Force in hegtenis geneem nadat hulle ‘n slaapkamer binnegestorm het waar die seun sy ouers aangehou het.  Hy het ‘n kombuismes by hom gehad, waarmee hy sy 79 jarige pa en 68 jarige ma herhaaldelik gesteek het.  Die man is vermoedelik bipolêr, maar dit kan nie bevestig word nie.  Dokters van Reaction Unit South Africa (RUSA) het die egpaar vir verskeie steekwonde behandel voordat hulle na die hospitaal vervoer is.

Die motief vir die aanval is in hierdie stadium nog nie bevestig nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!