Skip to main content

Liewe Katrien

Jy moet my help. Asseblief!

Ek sit met ‘n reuse probleem. Jy sien, ek het nou al vir drie weke ‘n kêrel, en kan die man vir jou soen! My ma het my geleer mens moet minstens drie maande uitgaan voordat mens by die klere-uittrek-stadium in ‘n verhouding kom. Wat dit erger maak is dat my pa ‘n kerkman is, maar gonna tog … die man soen my so dat my broek sommer self by my voete beland. Die haastig op- en aantrek is nogal ‘n storie. Ek soek hoeka na my een kant-dingetjie wat net verdwyn het.

Hy het die sagste lippe. Babasag. En hulle is o, so verleidelik. Nog niks het tussen ons gebeur nie, maar ek weet nie of ek nog ‘n week sal kan uithou sonder dat ek sonde in my pa se oë gaan pleeg nie.

Kus-sing.

Liewe Kus-sing

Ek kan jou penarie insien. Aan die een kant wil jy nie soos ‘n loslit flerrie voorkom nie, en aan die ander kant is jy bang dat jy dalk aan die versoeking sal oorgee.

Die algemene siening is inderdaad drie maande voordat jy met ‘n nuwe maat in die kooi spring. Dalk moet jy probeer om lipstiffie te dra wat iets bitters in het, of ‘n skelrooi kleur wat oral afgee. Dit mag dalk sy ywerige lippe effe afsit. As dit nie werk nie, gebruik sterk knoffel pille wat jou asem so onwelriekend maak dat hy jou nie graag wil soen nie.

Laat gerus weet of dit gewerk het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!