Zenka Yodice van Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, dien in die VSA Vloot se Patrol Squadron Five in Jacksonville, Florida, ‘n hoë-tegnologiese maritieme patrollie- en verkenningskip, die P-8A “Poseidon,” wat die wêreld se oseane moet monitor.
‘Ek wou ‘n verskil maak en iets groter doen as wat my destydse lewe gebied het. Ek het geleer oor veerkragtigheid en om vinnig aan te pas, wetende dat die lewe baie moeiliker kan wees as die huidige omstandighede,’ sê die vrou wat eerste in haar groep geëindig het.
‘Ek het ook geleer dat vriendelikheid baie help. Die vloot beskerm mense deur oor die hele wêreld te ontplooi,” het Yodice gesê.
Yodice het ‘n jaar gelede by die vloot aangesluit en dien as personeelspesialis. Yodice, wat in Amanzimtoti grootgeword het, het die Hoërskool Kuswag bygewoon en het in 2006 gegradueer.
Volgens die hoof van die vlootoperasies, admiraal Mike Gilday, sal matrose op sekere prioriteite fokus: gereedheid, vermoëns en kapasiteit.
‘Ons vloot het 245 jaar lank, in beide kalm en onstuimige waters, wag gehou om die vaderland te beskerm, die vryheid van die see te bewaar en ons lewenswyse te verdedig.
‘Die besluite en beleggings wat ons hierdie dekade neem, sal die maritieme magsbalans vir die res van hierdie eeu bepaal. Ons kan niks minder as sukses aanvaar nie.”
Daar is baie prestasies wat gepaard gaan met militêre diens, en Yodice is trots dat sy as eregradueerde by die ‘boot’kamp aangewys is.
“Om die top van my klas te wees, het my baie trots gemaak, want dit het bevestig dat ek enigiets kan oorkom. Om iets te kan doen en deel te wees van iets waaroor baie mense waar ek vandaan kom, net kan ek droom, en dat dit lonend was,” het Yodice bygevoeg.
Met meer as 90% van alle handel op see, en 95% van die wêreld se internasionale telefoon- en internetverkeer deur middel van veseloptiese kabels wat op die seebodem lê, het vlootbeamptes beklemtoon dat die welvaart en veiligheid van die VSA direk gekoppel is aan ‘n sterk en gereed vloot, sê die Navy Outreach -webwerf.