Skip to main content

Een van die plaasmoordenaars wat in 2017 ‘n bejaarde egpaar op hul plaas in Roedtan, Limpopo, vermoor het, het gister in die Lebowakgomo landdroshof ‘n swaar vonnis ontvang.

Die 68-Jarige Piet van Zyl en sy 66-jarige vrou, Tilla, is op 20 Augustus 2017 deur aanvallers oorval in hulle slaapkamer nadat die aanvallers die huis se deur oopgebreek het.  Die egpaar is met vuurwapens aangehou, waarna die aanvallers die huis geplunder het.  Daar word vermoed dat die egpaar doodgeskiet is voordat die aanvallers gevlug het.

‘n Lid van die van Zyl-familie het later die oggend op hul liggame afgekom.  Deeglike ondersoek is ingestel en die owerhede kon daarin slaag om 8 aanvallers kort na die voorval vas te trek. Sewe van die aanvallers se klagtes is teruggetrek tydens hul verhoor, omdat net een aanvaller positief aan die voorval verbind kon word.

Die plaasaanvaller het twee lewenslange vonnisse ontvang, asook ‘n bykomende 15 jaar tronkstraf op 3 aanklagtes van huisroof.

Leave a Reply

error: Content is protected !!